|
Tony Gerrans letter to Die Burger |
|
|
|
Monday, 09 March 2009 |
|
Geagte Meneer
Tot betrekking die artikel in Die Burger Naweek-Joernaal van 27 Februarie 2009: Nuwe tegnologie verhoog varke se produktiwiteit.
Dit is teleurstellend om te sien dat julle 'n artikel plaas wat intensiewe hok gebaseerde varkboerdery aanmoedig. Die aanhouding van intelligente en sensitiewe soogdiere in abnormale omstandighede, wat hulle verhoed om normaal te funksioneer en rond te beweeg is wreedaardig. Hierde metode van boerdery raak onaanvaarbaar vir verbruikers, soveel so dat die Europese Unie en 'n groot hoeveelheid state in Amerika die manier van boerdery verban het.
Deur so 'n artikel te publiseer skep julle 'n wanpersepsie by die lesers dat die manier van boerdery aanvaarbaar is en vermy die groeiende kritiek daaroor. Ons versoek 'n opvolg artikel om die negatiewe aspekte van die tipe van boerdery aan te spreek en asook alternatiewe metodes om soogdier vriendelike boerdery te bevorder.
Informasie hiervoor is beskikbaar op die internet (sien "Compassion in World Farming, Farm Sanctuary and Food Animal Initiative")
Ek bied met graagte my hulp aan vir enige verdere inligting wat julle sou benodig vir hierdie onderwerp.
Vriendelike Groete
Tony Gerrans
|