| Letter to the Editor, Die Burger, March 02, 2009 |
|
|
| Tuesday, 03 March 2009 | |
|
Geagte Redakteur, Ek verwys na u artikel in Naweek-Joernaal van 27 Februarie 2009: Nuwe tegnologie verhoog varke se produktiwiteit. Die verslag dui aan dat die produktiwiteit van die varkseksie van die Universiteit Stellenbosch se proefplaas by MariendahI verhoog het, gedeeltelik te danke aan die nuwe kraamkratte in die kraamhuis.
Ek sal graag sien dat boere en navorsers besef dat ‘n kraamkrat is ‘n
kraamkrat is ‘n kraamkrat. Dit maak min saak of die nuwe kraamkratte ‘n
plekkie onder die voerbak vir die sog se kop het, of nie. Die feit bly
staan dat sulke produksiemetodes verwag dat ‘n lewende, intelligente,
emosionele dier wat met bene vir loop gebore is, moet lê of staan vir
elke minuut, elke uur, elke maand, elke jaar van haar hele lewe –
sonder om te kan omdraai of vorentoe of agtertoe te stap. Die foto wys
dat die varkies van hierdie sôe geen omgewingsverryking beleef nie.
Ek verwys u ook na Compassion in World Farming se Good Agricultural Practice: Pigs wat gesien kan word by:
http://www.ciwf.org.uk/resources/education/resources_for_students/pig_production.aspx
Asseblief, laat ons dit as ons etiese plig beskou om eerstens te dink aan die dier en daarna aan produktiwiteit. |
| < Prev | Next > |
|---|




